Pacofs bied ‘Thirst’ dié week aan

Originally bublished in the Volksblad Newspaper

PRESS RELEASE

Elretha Britz

’n Produksie waarin toneelspel, performance-kuns en dans saamgevoeg word en wat deur Mark Dobson ontwikkel is, word vandeesweek in Bloemfontein opgevoer.

Thirst spruit uit die opleidingsprogram vir dansers wat die Uitvoerende Kunsteraad van die Vrystaat (Pacofs) en die departement van kuns en kultuur aanbied.

Dobson is aan die stuur van dié driejaarprojek en het al uitmuntende produksies op die planke gebring. Hy is die regisseur en hoofchoreograaf van Thirst.

Die nuutste produksie gaan oor ’n jong vrou wat vasgevang is in ’n droë, verlate wêreld wat regeer word deur magtige mans met ’n onblusbare spirituele en fisieke dors na alles wat hulle begeer.

Die groep van 18 dansers bestaan uit huidige kadetdansers en lede wat reeds die kursus voltooi het. Hul kreatiwiteit het ook bygedra tot die ontwikkeling van Thirst.

Moeketsi Khotle is die choreograaf, Michael Garbett van Vukallective het die stel ontwerp en Francois de Beer die kostuums.

■ Vanaand tot Donderdag om 18:30 in die André Huguenet-teater. Die kaartjies kos R80 en is te kry by die Pacofsloket in St. Andrewstraat.