Werk werp lig op ‘gemeenskapsengele’

Originally published in the Volksblad Newspaper

PRESS RELEASE

Elretha Britz

Soos dokters, mag maatskaplike werkers nie uitpraat oor die gevalle wat hulle hanteer nie. Dit skep soms ’n negatiewe beeld van dié engele in die gemeenskap.

Dit is die kern van ’n oproep wat die teatergroep Vukallective op ’n dag van Kinderwelsyn en Childline Bloemfontein gekry het.

Hul versugting was om deur ’n toneelstuk die publiek ’n beter begrip en ’n positiewe beeld van die maatskaplike werker se beroep te gee.

Mark Dobson, een van die lede van Vukallective, sê die versoek het die lewe geskenk aan Refraction, ’n “dokumentêr met ’n boodskap”, vir die Vrystaat Kunstefees. Dié fees word van 7 tot 14 Julie in Bloemfontein aangebied.

Michelle Hoffman, die skepper en regisseur van Refraction, het opnames gemaak van maatskaplike werkers se vertellings en dit aan akteurs gegee wat die werkers se maniërismes en spraakpatrone nageboots het.

Die opnames is vernietig, maar die stories leef op die verhoog voort sonder dat ’n maatskaplike werker se naam daaraan gekoppel word of die eed oortree word. Die akteurs is Jani Marais, Teddy B Mhlambi en Rea Mokone.

12 Julie om 20:30, 13 Julie om 20:30, 14 Julie om 17:00, 45 minute, in die kykNETRepteater. R50 by Computicket.